Wednesday, May 13, 2009

Wie is ons?

WANNEER U HIER LEES - BESEF ASB. DAT ONS DIT SKRYF T.W.V. MENSE WAT DEUR ONS GEMEENTE SE BLOG MEER TE WETE WIL KOM OOR "DIE PREDIKANT/LERAAR" - DAAROM HIERDIE SKRYWE OOR ONSSELF.

Besoek gerus ons Gemeente se Webtuiste by: 
http://3riversbaptist.co.za/

Ek (Kobus) is gebore in Bethlehem in die toenmalige Oranje Vrystaat, op Sondag 14 Augustus 1950. Op 3 jarige ouderdom verhuis my ouers na Aliwal-Noord in die Noord-Oos Kaap (op die randjie van die Karoo en in die skadus van die westelike Drakensbergreeks). Van Sub A tot matriek (1968) was ek in Aliwal-Noord op skool.

Na my militere diensplig in Pretoria, skryf ek aan die Onderwyskollege Pretoria in as onderwysstudent (weens omstandighede onderbreek ek my studies en voltooi my 4-jarige Onderwysdiploma, 'n jaar of wat later aan die Potchefstroomse Onderwyskollege), 'n paar jaar later verwerf ek 'n B.A.-graad aan die Potchefstroomse Universiteit.

Jeanne (nee Hugo) is in Johannesburg gebore (Vrydag, 6 Julie 1955) en het haar laerskool loopbaan deurgebring in 'n plaasskool tussen Coligny en Ventersdorp, waar haar Pa die Lushof Kinderhuis begin en bestuur het - hy was ook die skoolhoof van die plaasskool (waarskynlik een van die grootste plaasskole in die land op daardie stadium). Na haar pa se dood, was sy in Klerksdorp Hoerskool, Hoer Meisieskool Stellenbosch en Hoerskool Gimnasium in Potchefstroom. Hierna is sy student aan die PUK, waar sy die B.A.- graad verwerf het (en 'n klompie jare later haar H.O.D.).

My en Jeanne se paaie kruis in Potchefstroom en ons trou op 12 April 1979 in Potchefstroom. Ons het drie wonderlike seuns - Kobus (jnr.) (werk vir die National Health Services as orgaanskenking- en oorplantingskoordineerder en woon al die bykans 13 jaar in London - het gedurende Mei 2011, Britse burgerskap verkry - "ouch"! - hy staan daar bekend as James = Kobus "onuitspreekbaar" vir die Engelse); Tommie (Woon in Alberton en werk vir Growthpoint in Vereeniging) en Hugo (woon in Vanderbijlpark en werk vir Barlow World in Isando). Gedurende April 2010 het ons twee wonderlike skoondogters bygekry, nl. Wendy-leigh (Grobbelaar - getroud met Hugo op 10 April 2010) en Allison (van Meter - getroud met Tommie op 24 April 2010) - nog twee "ouches" - Wendy-leigh beskik oor Britse burgerskap en Allison oor Amerikaanse burgerskap. Ons het reeds vier kleinkinders, nl. McKenna, Logan, Tyler en Sage.

Tommie

Kobus (jnr.)



Hugo

Wendy-leigh (links) & Allison (regs)
My onderwysloopbaan begin by Laerskool Pietersburg-Oos, daarna by Laerskool M.L. Fick in Potchefstroom (beide as onderwyser). Hierna trek ons as gesin na Ermelo waar ek Departementshoof Opvoedkundige Leiding by Laerskool Ermelo word. Daarna was ek Adjunkhoof by Laerskool Staatspresident C.R. Swart in Middelburg, Tvl. Hierna bedank ek uit die onderwys. Na 'n tydperk van 5 jaar uit die onderwys, waartydens ek en Jeanne o.a. in voltydse bediening in 'n gemeente en daarna as sendelinge by Operasie Mobilisasie was, keer ek terug na die onderwys en wel as Departementshoof Opvoedkundige Leiding by Laerskool Barberton. Gedurende dieselfde jaar word ek aangestel as Adjunkhoof by dieselfde skool en drie maande later verhuis ons na 'n pragtige dorpie, bekend as Ngodwana (buite Nelspruit) waar ek as Skoolhoof van Laerskool Clivia aangestel is. Na twee jaar word ek as Skoolhoof by Laer Gedenkskool Danie Theron in Carletonville aangestel. Intussen het ek vir die graad B.Th by die PUK ingeskryf en na tien jaar in Carletonville en ses jaar se studies in die teologie aan die PUK (Telematiese), ontvang ek en Jeanne 'n beroep na die ANTIPAS Gereformeerde Baptiste Gemeente in Vereeniging waar ek tans die voltydse lerende ouderling (predikant) is. Jeanne het intussen begin onderwys gee by 'n privaatskool (Ons gemeente se naam verander in 2015 na Drie Riviere Baptiste Kerk).

Gert (links), Kobus (middel) & Nico (regs)
Ek het nog twee broers, nl. Nico (5 jaar ouer as ek) wat tans in Reebok (tussen Mosselbaai en Groot Brakrivier - Suid-Kaap) woon. Hy is getroud met Soniah (hulle het vier dogters: Retha getroud met Cobus Viljoen en hulle het drie kinders; Ni-Ni met een seuntjie; Nelie, getroud met Andrew Murray, met een dogtertjie en Lois met een seuntjie). Nico is ook 'n predikant (voorheen siviele ingenieur). My jonger broer is Gert en hy is getroud met Amor. Gert, wat 5 jaar jonger as ek is, is 'n afgetrede Adjunk-hoof van Landboudal Hoerskool in Jacobsdal - hulle woon nou in Hartenbos. Gert en Amor het drie kinders nl. Gerhard (getroud met Elandri), Henriette (getroud met Andre) en Bennie.






Soniah en Nico (links)

















Gert en Amor (regs)







Jeanne se broer (net jonger as sy), Johan was diplomaat by die destydse Dept. van Buitelandse Sake (o.a. in Brasilie, Portugal en die Ukraine) - hy is 'n paar jaar gelede skielik oorlede. Sy vrou is Ria en hulle het twee kinders (Ina-Mart en Johan).

Jeanne se jongste broer is Tommie wat voorheen 'n skoolhoof was, en tans bestuurder van 'n Netcare Hospitaal in Kroonstad is. Hy  het drie dogters.

Kobus se direkte "Van der Walt voorgeslag" (Swart en Wit foto hieronder - Geneem op Kersdag 1955, te Middelburg, Kaap):
Raai waar is Kobus op die foto....




















WAT GLO ONS?
Vir 'n volledige geloofsbelydenis - Besoek gerus die volgende Webtuiste: http://3riversbaptist.co.za/