WANNEER U HIER LEES - BESEF ASB. DAT ONS DIT SKRYF T.W.V. MENSE WAT DEUR ONS GEMEENTE SE BLOG MEER TE WETE WIL KOM OOR "DIE PREDIKANT/LERAAR" - DAAROM HIERDIE SKRYWE OOR ONSSELF.
Ek (Kobus) is gebore in Bethlehem in die toenmalige Oranje Vrystaat, op Sondag 14 Augustus 1950. Op 3 jarige ouderdom verhuis my ouers na Aliwal-Noord in die Noord-Oos Kaap (op die randjie van die Karoo en in die skadus van die westelike Drakensbergreeks). Van Sub A tot matriek (1968) was ek in Aliwal-Noord op skool.
Na my militere diensplig in Pretoria, skryf ek aan die Onderwyskollege Pretoria in as onderwysstudent (weens omstandighede onderbreek ek my studies en voltooi my 4-jarige Onderwysdiploma, 'n jaar of wat later aan die Potchefstroomse Onderwyskollege), 'n paar jaar later verwerf ek 'n B.A.-graad aan die Potchefstroomse Universiteit.
Jeanne (nee Hugo) is in Johannesburg gebore (Vrydag, 6 Julie 1955) en het haar laerskool loopbaan deurgebring in 'n plaasskool tussen Coligny en Ventersdorp, waar haar Pa die Lushof Kinderhuis begin en bestuur het - hy was ook die skoolhoof van die plaasskool (waarskynlik een van die grootste plaasskole in die land op daardie stadium). Na haar pa se dood, was sy in Klerksdorp Hoerskool, Hoer Meisieskool Stellenbosch en Hoerskool Gimnasium in Potchefstroom. Hierna is sy student aan die PUK, waar sy die B.A.- graad verwerf het (en 'n klompie jare later haar H.O.D.).
My en Jeanne se paaie kruis in Potchefstroom en ons trou op 12 April 1979 in Potchefstroom. Ons het drie wonderlike seuns - Kobus (jnr.) (werk vir die National Health Services as orgaanskenking- en oorplantingskoordineerder en woon al die bykans 13 jaar in London - het gedurende Mei 2011, Britse burgerskap verkry - "ouch"! - hy staan daar bekend as James = Kobus "onuitspreekbaar" vir die Engelse); Tommie (Woon in Alberton en werk vir Growthpoint in Vereeniging) en Hugo (woon in Vanderbijlpark en werk vir Barlow World in Isando). Gedurende April 2010 het ons twee wonderlike skoondogters bygekry, nl. Wendy-leigh (Grobbelaar - getroud met Hugo op 10 April 2010) en Allison (van Meter - getroud met Tommie op 24 April 2010) - nog twee "ouches" - Wendy-leigh beskik oor Britse burgerskap en Allison oor Amerikaanse burgerskap. Ons het reeds vier kleinkinders, nl. McKenna, Logan, Tyler en Sage.
Tommie |
Kobus (jnr.) |
Hugo |
Gert (links), Kobus (middel) & Nico (regs) |
Soniah en Nico (links)
Gert en Amor (regs)
Jeanne se broer (net jonger as sy), Johan was diplomaat by die destydse Dept. van Buitelandse Sake (o.a. in Brasilie, Portugal en die Ukraine) - hy is 'n paar jaar gelede skielik oorlede. Sy vrou is Ria en hulle het twee kinders (Ina-Mart en Johan).
Jeanne se jongste broer is Tommie wat voorheen 'n skoolhoof was, en tans bestuurder van 'n Netcare Hospitaal in Kroonstad is. Hy het drie dogters.
WAT GLO ONS?
Vir 'n volledige geloofsbelydenis - Besoek gerus die volgende Webtuiste: http://3riversbaptist.co.za/